Ek is ‘n OUER

Dis soos gister wat ek vir die eerste keer my seuntjie in my arms gehou het.  Om eerlik te wees, het vrees my in daardie oomblik oorweldig.  Sonder twyfel het ek ook onvoorwaardelike liefde ervaar, maar vrees was vir ‘n rukkie oorweldigend!  Nog nooit voorheen het ek so ‘n intense gevoel van verantwoordelikheid teenoor ‘n ander mens ervaar nie.  Tyd het stilgestaan en al wat ek kon sien was hierdie klein afhanklike mensie voor my!  Sou ek ‘n goeie mamma vir hierdie seuntjie kon wees?  (Ek het nie ‘n boetie gehad nie en het nie veel van seuns af geweet nie!)  Sou ek hom kon grootmaak?  Meer as dit, sou ek hom kon groot maak om ‘n suksesvolle leier te wees?  Ek het toe besef, in daardie eerste oomblikke van ‘n ouerskap, dat hierdie mensie in ‘n oogwink op die baie kort lysie van my mees belangrikste prioriteite beland het!  Twee jaar en ses maande later, het ek die naam van my dogtertjie ook oop daardie lysie “geskryf”.

Soos in my brief Ek is ‘n ‘Teacher’, wil ek ‘n paar vrae vra wat ons as ouers kan help om beter te doen in die proses van kinders grootmaak.  Kan ons nie almal beter doen nie?  Natuurlik kan ons!  Daar is altyd plek vir groei.  Ek wil graag net een punt, wat ek glo jou kind se lewe BESLIS gaan beïnvloed, in hierdie brief bespreek.

SELFBEELD

Beantwoord eers die vraag:  Hoe lyk jou eie selfbeeld?  Is jy lief vir die een wat jy in die spieël sien?  Ek vra nie of jy dink jy’s beter as ander nie – dis hoogmoed.  Ek vra of jy weet jy is goed genoeg!  Is jy lief vir jouself?  Meeste kinders wat met swak selfbeelde sukkel, word deur ouers met swakker selfbeelde grootgemaak.  Agter watter stellings hier onder sou jy jou naam skryf?

POSITIEWE GEVOELENS NEGATIEWE GEVOELENS
Ek kan Ek kan nie
Ek behaal sukses Ek het min suksesse
Ek lewe voluit Ek bestaan net
Ek lewe in dankbaarheid Ek kla te maklik en te veel
Ek is hoopvol Ek voel hopeloos
Mense beskryf my as positief Mense beskryf my as negatief
Ek is ‘n goeie leier vir ander Ek is nie ‘n leier nie
Ek het ‘n lewensdoel en voel waardevol Ek leef doelloos en voel waardeloos
Ek is lief vir myself Ek het min liefde vir myself
Ek groei daagliks Ek is lankal klaar met skool

Die kans is baie groot dat as jy meer identifiseer met die negatiewe gevoelens hierbo, dat jou kind ook so voel.  En waarmee sou jou ouers geidentifiseer het?  Jy sien, selfbeeld word baie maklik van ouer na kind oorgedra en van al die gevoelens in jou lewe is jou selfbeeld sekerlik een van die mees belangrikste.  Dit bepaal hoe jy optree teenoor jouself en teenoor ander en beïnvloed daarom al jou verhoudings met mense.  Dit bepaal of jy waarde kan toevoeg tot die samelewing of nie!  En dis skokkend, maar dit bepaal selfs hoe jy jou geloof uitleef…

So hoe kan jy werk aan jou eie en aan jou kind se selfbeeld?  As jy nie daaraan kan werk nie, is daar tog geen hoop nie!  Maar daar is hoop, want enige swak selfbeeld kan verbeter word!

In John Maxwell se boek “The 15 Invaluable Laws of Growth”, bespreek hy die “Law of the Mirror” wat die volgende sê: You Must See Value In Yourself To Add Value To Yourself” In hierdie hoofstuk deel hy ‘sakke vol goud’ wat ons kan help om ons en ons kinders se selfbeelde op te bou, maar ek gaan net ‘n klein gedeelte in hierdie brief met jou deel.

PASOP HOE JY MET JOUSELF PRAATWeapon of Choice

Almal van ons is heeldag in gesprek met onsself.  Hoeveel keer het jy nie net met jouself in jou gedagtes gepraat terwyl jy hierdie brief lees nie?  Te veel om te tel…  So nou is die vraag – HOE LYK JOU “SELF-PRAAT”?  Praat jy opbouend en liefdevol met jouself, of sou jy nooit daardie gedagtes hardop voor mense wou herhaal nie?

Die probleem met ouers wat swak selfbeelde het en altyd lelik met hulself praat, is dat hulle daardie lelike seer woorde gewoonlik op hul weerlose kinders gebruik.  En ons as ouers se woorde WORD ons kinders se “SELF-PRAAT”!  Dit is presies hoe jou kind hom- of haarself gaan sien!

As jou kind nie soos ‘n wenner voel nie, Mamma en Pappa, is dit 100% jou verantwoordelikheid om iets omtrent dit te doen!  VANDAG NOG!

Hoe gaan jy jou kind se selfbeeld opbou?  Weet jou kind hy is kosbaar vir jou?  Weet jou kind jy glo in haar?  Voel jou kind spesiaal vir jou?  Voel jou kind goed genoeg vir jou?  Of vergelyk jy jou kinders met mekaar of met ander kinders?

Ek sal nooit die hartseer vergeet van ‘n graad 8 dogter wat my met trane in haar oë vertel het, dat sy nie haar pa se woorde uit haar kop kan kry nie.  Vandat sy kan onthou het haar pa haar vertel dat sy die grootste fout is wat hy ooit gemaak het!  My hart het gebreek terwyl ek haar vasgehou en saam met haar bitterlik gehuil het!  Dink tog asseblief mooi oor elke woord wat jy by jou mond laat uitgaan.  Lewe en dood is in jou tong!

‘n Swak selWeapon of Choicefbeeld beïnvloed nie net hoe jy oor jouself voel nie.  Dit het dieper gevolge as wat ons dink…

  • Kinders met swak selfbeelde word boelies of word deur ander geboelie.  Kinders met positiewe selfbeelde het nie nodig om ander seer te maak met woorde of met fisiese geweld nie.  Hulle weet dat hulle goed genoeg is net soos hulle is en hulle gun die son oor ander se lewens!  Boelies is altyd kinders met swak selfbeelde wat nie goed voel oor hulself nie en ‘n mate van “beheer” voel wanneer hulle ander afknou.  Die hartseer is dat boelies groot word, maar nie noodwendig beter voel oor hulself nie en tensy hul selfbeeld probleme opgelos word, sal hulle ander net verder by die werksplek boelie, ongeag die indrukwende lys van grade wat hulle dalk agter hulle name skryf.  Kinders met swak selfbeelde is ook weer maklike teikens vir boelies.  As ‘n kind sterk voel in hom- of haarself, sal die woorde dalk vir ‘n oomblik seermaak, maar omdat hulle die waarheid omtrent hulself weet en glo, sal ander se opinies hulle lewens nooit verwoes nie!
  • Mense met swak selfbeelde staan byna geen kans om konstante suksesse in die lewe te behaal nie.  Hoekom?  Want hulle glo nie dat hulle dit werd is of dit kan doen nie!  Nathanial Branden het gesê: “If you feel inadequate to face challenges, unworthy of love or respect, unentitled to happiness, and fear assertive thoughts, wants, or needs, if you lack basic self-trust, self-respect, and self-confidence — your self-esteem deficiency will limit you, no matter what other assets you possess.”  Jou omstandighede of agtergrond kan jou nie stop nie!  Te veel mense het dit reeds oor en oor bewys!  Die enigste iets wat genoeg krag het om jou te stop, is wat jy van jouself glo!  Nie eens jou ouers se woorde kan jou vandag as volwassene meer stop nie, tensy jy dit nog glo.  (Al kan hul woorde jou nie meer vandag stop nie, maak ‘n keuse dat jou woorde NOOIT jou kind sal stop nie!)  Kyk gerus na hierdie toneel uit “The Pursuit of Happyness” en word vandag oortuig dat jy as ouer een van die belangrikste rolle in jou kind se lewe vervul!  Jy moet in jou kind glo!  Jy moet jou woorde so kies dat dit jou kind sal bemagtig om konstante suksesse te behaal – nie net in sy skoolloopbaan, sport en beroep nie, maar ook in sy verhoudings!

Daar is nog soveel meer wat ek kan sê oor selfbeeld en jou as ouer se rol in jou kind se lewe, maar hierdie brief is reeds ‘n mondvol.  Jy’t dalk nodig om vir ‘n ruk oor hierdie dinge na te dink en ‘n paar veranderinge in jou lewe te maak.  Moenie hierdie brief ooit vergeet nie – kom lees dit weer.  Word ‘n ouer wie se kind eendag opreg dankbaar sal wees vir die geloof wat jy in hom of haar gehad het.  Word ‘n ouer wie se kinders eendag op jou skouers staan, omdat jy hulle opgelig het en nie vertrap het nie.

Ek wil afsluit met John Maxwell se woorde en hoop dat dit jou en jou kinders vandag sal aanspoor om te word wie julle moet wees:

“If you put a small value on yourself, rest assured the world will not raise the value.  If you want to become the person you have the potential to be, you must believe you can!”

(Hierdie brief is ‘n baie klein gedeelte van my program “The Extraordinary Family: Raising Leaders”.  Vir meer inligting oor my seminare of moontlike seminare in jou omgewing, kontak of epos my gerus.)

Ouer-groete

Debbie De Jager

debbiedejager@johnmaxwellgroup.com

* Pictures Courtesy of hurtwords.com

4 thoughts on “Ek is ‘n OUER”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: